My private collection of easy-peasy recipes to die for, most of which I have tried for myself.
Friday, 23 October 2015
Rysslaai
Lewer 4 – 6 porsies
200 ml (¾ k) rou bruinrys
4 selderystingels, grofgekap
2 medium tamaties, in blokkies gesny
1 avokadopeer, in blokkies gesny
½ pynappel, geskil en in blokkies gesny
Slaaisous
60 ml (¼ k) jogurt of mayonnaise
5 ml (1 t) gerasperde suurlemoenskil
15 ml (1 e) gekapte vars tiemie
of 5 ml (1 t) droë tiemie sout en
varsgemaalde swartpeper na smaak
1. Slaai:
Kook die rys, laat afkoel en voeg dan al die ander bestanddele by.
2. Slaaisous:
Meng al die bestanddele saam en giet net voor bediening oor die slaai.
(Vanaf Liz Kendall)