Saturday 24 October 2015

Romerige Aartappelgebak


Lewer 6-8 porsies

6-8 groot aartappels
45 ml. (3 e) olyf-of kookolie
125 g swoerdlose spekvleis, in stukkies gesny
125g knopiesampioene, in skywe gesny
60g-pakkie sampioensoppoeier of wit uiesoppoeier
750 ml (3 k) melk
gemaalde swartpeper na smaak
125 ml. (1/2 k) gerasperde Cheddarkaas

Metode:
1. Skil die aartappels en kook tot sag, maar steeds ferm. Sny aartappels in skywe en pak die helfte in ‘n lag in ‘n groot oondvaste bak.
2. Verhit die olie en braai die spek en sampioene tot gaar en skep die helfte oor die aartappels.
3. Meng die soppoeier met die melk in ‘n swaarboomkastrol. Bring tot kookpunt en roer aanhoudend vir ‘n paar minute tot dit begin verdik. Voeg peper by.
4. Giet die helfte van die sous oor die spek-en-sampioenlaag. Herhaal met die oorblywende aartappel, spek en sampioene en laastens die sous.
5. Sprinkel kaas bo-op. Bak vir 20- 30 min. in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade C of tot goudbruin bo-op.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...