Friday 23 October 2015

Aartappelsop



8 groot aartappels, geskil en in blokkies gesny
(Kook op en mash die laaste stukkies tot fyn)

Voeg by:
sout en peper na smaak
500 ml room
1 pakkie sampioensop (Dik groentesop / Hoendersop of wit uiesop kan ook gebruik word)
500 g seldery (sprietuie / ertjies of enige groen groente)
4 eetlepels maizina om te verdik.

Kook vir 10 minute en geniet dit.

                                                                                                                                                      



Aartappelsop met spek:


Skil en sny 5 aartappels in stukke
1 medium ui, in stukke gesny
1 pakkie spek, gesnipper
1 hoenderaftrekselblokkie
1 houer room (opsioneel)
fyn gekapte vars pietersielie (opsioneel)
'n bietjie olie/ botter vir braaidoeleindes
sout en peper na smaak

Braai die ui tot deurskynend. Voeg dan die spek by en braai totdat die spek
gaar is (moenie die spek bros braai nie!).

Voeg dan jou aartappels by die spek/ui mengsel en bedek die hele spul met
water.

Gooi die hoenderblokkie by. Kook die aartappels tot gaar. Laat 'n bietjie
afkoel en verwerk daarna tot glad en romerig.

Verhit weer die sop tot kookpunt. As room gebruik gaan word, roer dit in net
voor bediening, maar die sop moet dan nie weer kook nie anders sal dit skei.

Toets vir sout en peper en versier met vars pietersielie.
Related Posts Plugin for WordPress, Blogger...